Local newsNewsNews

Jong verpleegkundiges maak ’n verskil by Witrand

Die geskenke was die studente se manier om vir die Witrand-pasiënte te wys dat hulle geliefd is.

’n Groep vierdejaar-verpleegkundestudente van Noordwes Universiteit het onlangs hul harte en hande vir die pasiënte by Witrand-hospitaal oopgemaak deur klere en baddkamerbenodigdhede te skenk.

Die studente, wat tans hul kliniese ure in geestesgesondheidsorg voltooi, sê die projek was deel van hul toewyding om nie net fisiese gesondheidsorg te bied nie, maar ook waardigheid en menslikheid te bevorder.

“Ons het gesien dat daar ’n behoefte is aan basiese items wat vir baie van ons vanselfsprekend is,” vertel een van die studente.

“Hierdie geskenke is ons manier om vir die pasiënte te wys dat hulle geliefd is.”

Die donasie het ’n verskeidenheid warm klere, seep, waslappe, tandeborsels, tandepasta en ander higiëneprodukte ingesluit. Verpleegkundestudente het ook tyd spandeer om met pasiënte te gesels en na hul stories te luister.

Die personeel van Witrand-hospitaal het hul dankbaarheid uitgespreek en gesê dat sulke gebare nie net fisiese behoeftes aanspreek nie, maar ook hoop bring.

“Wanneer die gemeenskap betrokke raak, herinner dit ons pasiënte daaraan dat hulle deel is van ’n groter familie,” het ’n senior verpleegkundige gesê.

Die studente hoop dat hierdie projek ander sal inspireer om betrokke te raak by geestesgesondheidsorg en om die stigma rondom geestesongesteldheid te help afbreek.

Al die geskenkpakkies op die tafel uitgepak.
Die verpleegkundestudente voor Witrand.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button