Gimmies-seuns blink uit met tweede plek in Noordvaal A afdeling
Gimmies se hokkie-seuns het ’n merkwaardige tweede plek in die Noordvaal A-afdeling behaal, met sterk vertonings deur al drie ouderdomsgroepe teen strawwe kompetisie.
Gimmies se hokkie-seuns het tweede in die Noordvaal A afdeling gekom.
Hierdie is die top afdeling vir hokkie in die Noordvaal. Gimmies se o.14 en 1ste spanne het albei vierde geëindig terwyl die o.16 span sesde geëindig het.
Waterkloof is as die wenners gekroon. Dit was strawwe kompetisie maar die skool se spanne het hulle goed van hulle taak gekwyt.
“Hierdie is puik uitslae en ons is baie trots op ons seuns. Geluk, manne!,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Gimmies se 1ste XI het vierde plek behaal
Gimmies se o14s het vierde plek behaal
Gimmies se o16s het sesde plek behaal
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.