Local newsNewsNews

KYK: Groot brand in Pietersenstraat verwoes winkels en voertuie

’n Brand in Pietersenstraat het vanoggend groot skade aangerig toe twee winkels en vier voertuie uitgebrand het. Brandweer en SAPD was vinnig op die toneel.

’n Verwoestende brand het vanoggend, 20 Augustus omstreeks 04:00 in Pietersenstraat uitgebreek en groot skade aan die perseel aangerig.

Volgens Mooirivier Beskerming het hulle ‘n alarm ontvang. Met die Sekuriteitsmaatskappy se aankoms was die gebou reeds in ligte laaie. Die brand het sy oorsprong in een van die winkels gehad en vinnig na ander gedeeltes versprei.

Twee winkels is volledig uitgebrand, terwyl vier voertuie in die proses beskadig en verwoes is. By ’n derde winkel het ’n venster weens die intense hitte gebars.

Die brandweer en die SAPD was op die toneel en het saamgewerk om die brand te blus en die gebied te beveilig. Niemand is volgens voorlopige inligting ernstig beseer nie.

Die oorsaak van die brand word ondersoek,

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button