CrimeLocal newsNewsNews

Inbreker op heterdaad betrap

Die verdagte wat by 'n voertuig ingebreek het, is vinnig in hegtenis geneem.

‘n Man is Saterdag, 30 Augustus op die Bult op heterdaad betrap terwyl hy by ‘n voertuig ingebreek het.

Leandro de Beer, bestuurder van die Cachet Park Verbeteringsdistrik, sê beamptes van Mooirivier Beskerming, in samewerking met die Cachet Park CID NPC Potchefstroom, het ‘n verdagte omstreeks 19:15 in Joostestraat aangekeer.

“Die individu is betrap terwyl hy in ‘n voertuig ingebreek het en is onmiddellik in hegtenis geneem. Die vinnige reaksie beklemtoon die voortgesette toewyding van beide Mooirivier Beskerming en die Cachet Park CID om die veiligheid en sekuriteit van die gemeenskap te verseker.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button