SportSport

Rugby is gesond in Potch

Drama tot die laaste minuut – Volkies wen Classic Clash 2.0

Dit was alles wat almal van die Classic Clash 2.0 in die eindstryd verwag het.

Daar was drama en die wedstryd kon tot die einde toe nog enige kant to gaan. Volkies het uiteindelik die eindstryd gewen en hulle blou bure as kampioene van die Noordvaal-Bowl afdeling onttroon.

Volkies het die wedstryd met 17-22 gewen. Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, is hy baie trots op sy span se spel.

“Ons het mooi kop gehou, Anro se taktiese skoppe het goed vir ons gewerk en daai laaste drie was net iets spesiaal. Ek dink die seuns het goeie toewyding gewys. Ons het vir mekaar na die eerste wedstryd teen Gimmies gesê, ons gaan hard werk, en hulle het dit gedoen. Gimmies was op die dag ook baie goed gewees. Dit was ‘n klipharde rugby wedstryd gewees,” het de Beer verduidelik.

REgardt Kleingeld, direkteur van rugby by Gimmies, het op sy beurt ook vir Volkies geluk gewens, maar het niks weg gevat va nsy eie troepe nie.

“Ek is regtig baie bly vir Volkies, hulle was beter op die dag. Ons het dalk by die laaste hekkie vas geval, maar ek is baie trots op die jong groep. Ons was hartseer, en dit is nie lekker nie maar die son het weer die volgende dag opgekom. Ons kyk vorentoe, en kyk waar kan ons verbeter,” het Kleingeld gesê.

Gimmies se toekoms lyk blink met hulle o.14A span wat hulle eindstryd gewen het.

“Ons is die enigste span in die Noordwes wat twee spanne in ‘n eindstryd geahd het. Ons het derde geëindig waar ons verlede jaar sesde geëindig het. Ek weet ons sisteme is in plek en is trots op die spelers en die manne wat hulle die jaar geword het,” het Kleingeld verduidelik.

Daar was baie wiskunde om te doen om te bepaal wie sou na die skild afdeling opskuif. Beide Gimmies en Volkies was nog in die gesprek gewees, Eldoraigne moes net hulle twee halfeindstryde verloor. Eldoraigne se o.15 span het hulle wedstryd gewen wat beteken Eldoraigne skuif op.

Rugby is beslis gesond in Potchefstroom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button