NewsTravel

Inwoners in Potchefstroom kan ongelukke vermy

Padveiligheid begin by slim keuses. Polisie en die Cachet Park CID gee praktiese wenke om ongelukke te voorkom.

Daar is gereeld motorongelukke in Potchefstroom waarin studente en jong inwoners betrokke is. Terwyl talle lewens reeds verwoes is deur roekelose bestuursbesluite, doen die polisie en die Cachet Park Verbeteringsdistrik ’n dringende beroep op inwoners om verantwoordelikheid te neem en hulself en ander te beskerm met eenvoudige voorsorgmaatreëls.

Volgens Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gebeur padongelukke in Suid-Afrika meestal as gevolg van spoedoortredings, mense wat nie veiligheidsgordels dra nie, dronkbestuur, voetgangers wat voor voertuie beland of as gevolg van slaggate. Om dit te voorkom moet padgebruikers die volgende voorkomingsmaatreëls tref:

Voordat jy bestuur:

  • Maak seker jou voertuig is padwaardig en gaan die remme, bande, ruitveërs en ligte gereeld na.
  • Rus behoorlik sodat jy nie bestuur terwyl jy moeg is nie.
  • Beplan jou roete.

Om veiligheid op die pad te verseker:

  • Dra jou veiligheidsgordel en maak seker alle passasiers in die voertuig dra ook hul veiligheisdgordels.
  • Gehoorsaam alle padwetgewing en hou by die spoedgrens.
  • Vermy die versoeking om op jou selfoon te praat terwyl jy bestuur.
  • Moet nie alkohol gebruik en bestuur nie.
  • Wees paraat en rus genoeg, stop ten minste elke twee ure om bene te strek
  • Handhaaf ‘n veilige volg-afstand van ten minste 3 sekondes.
  • Gebruik jou flikerligte om aan te dui voor jy draai of van baan verwissel.
  • Pas jou manier van bestuur aan by weersomstandighede. As voorbeeld -verminder spoed in weersomstandighede soos tydens ‘n hewige reënbui of mis waar daar swak sigbaarheid/visie is.
  • Vermy aggressiewe gedrag teenoor ander pad gebruikers.

Leandro de Beer, bestuurder van die Cachet Park Verbeteringsdistrik, sê met die lewendige studentekultuur van die dorp, bring laatnag-byeenkomste, sosiale geleenthede en langnaweke dikwels die versoeking mee om agter die stuurwiel te klim nadat alkohol of dwelms gebruik is.

“Terwyl baie mense dalk glo dat hulle “reg is om te bestuur”, kan die gevolge van ‘n enkele roekelose besluit lewensveranderend wees.”

De Beer gaan voort om te sê om te bestuur onder die invloed benadeel jou oordeel ernstig, vertraag reaksietyd en verminder koördinasie.

“Dit maak selfs kort ritte in die dorp uiters riskant. Potchefstroom het reeds menige laatnag-ongelukke gesien wat aan dronkbestuur gekoppel is. Ongelukke wat gesinne verpletter, studente laat skors, en toekomsdrome verwoes. ’n Oomblik van swak oordeel agter die stuur kan dodelik wees, nie net vir die bestuurder nie maar ook vir onskuldige voetgangers, mede-studente wat huis toe stap, of ander padgebruikers.”

“Buite die onmiddellike risiko van ’n ongeluk, wag daar ’n lang en moeisame proses op dié wat onder die invloed bestuur. Studente wat vir dronkbestuur in hegtenis geneem word, ervaar dikwels openbare vernedering, dissiplinêre stappe vanaf die universiteit, en die ineenstorting van hul akademiese of sportloopbane. Vriendskappe en reputasies word oornag beskadig,” gaan De Beer voort.

“In baie gevalle eindig wat as ’n “lekker aand uit” begin het, in ’n polisiesel, paniekerige oproepe na ouers, en die koue werklikheid van kriminele aanklagte. Hofverskynings, regskoste, en die moontlikheid van ’n kriminele rekord is net die begin.”

Suid-Afrikaanse wetgewing is streng teen DUI-oortreders. Eerstekeer-oortreders kan swaar boetes, lisensieskorsings en, in ernstige gevalle, tronkstraf in die gesig staar. Herhaalde oortreders of dié wat by ongelukke betrokke is waarin mense beseer of dood is, kan selfs strenger strawwe kry.

“Vir ’n student is die moontlikheid van tronkstraf meer as net ’n straf: dit is ’n gesteelde toekoms. Loopbaanvooruitsigte word vernietig, internasionale reise word geweier, en die droom van graad vang kan oornag verdwyn.”

Gemeenskapsleiers, die Cachet Park City Improvement District (CID) en plaaslike wetstoepassing doen ’n beroep op alle inwoners en studente om verantwoordelikheid te neem. Potchefstroom se paaie is gedeelde ruimtes die beskerming van lewens moet eerste kom.

De Beer gee ook paar wenke oor hoe om sulke situasies te vermy:

  • Beplan vooruit: As jy beplan om te drink, reël veilige vervoer met ’n nugter bestuurder, taxi, of ry-deel diens.
  • Kyk uit vir vriende: Moenie toelaat dat vriende bestuur as hulle gedrink het nie.
  • Wees bewus: Die polisie hou gereeld laatnag-padblokkades rondom die Bult en kampusgebiede.

“Bestuur onder die invloed is nie net ’n wetsoortreding nie dit is ’n roekelose dobbel met jou lewe en dié van ander. Een verkeerde besluit kan jou vryheid, jou toekoms, en iemand anders se lewe kos.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button