Local newsNewsNews

Vyf jaar vir strafbare manslag na tieners se dood

'n Tragiese ongeluk op die R500 tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom, het tot die dood van twee tieners gelei.

Albert Johannes Du Plessis (23) is onlangs in die Potchefstroom-landdroshof op twee aanklagte van strafbare manslag skuldig gepleit nadat Ronan Gardiner (16) en Luandré Barnard (17) verlede jaar tydens ‘n ongeluk op die R500 pad tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom oorlede is.

Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noordwes, sê Du Plessis is op 25 Augustus tot 5 jaar gevangenisstraf op twee aanklagte van strafbare manslag ingevolge 2761 (i) Wet van 1977, gevonnis.

“Beide aanklagte is saamgevat vir die doel van vonnisoplegging.”

Die tragiese ongeluk het op 20 Julie 2024 om 01:36 plaasgevind.

Du Plessis was die bestuurder van die voertuig gewees. Hy het na bewering ongeveer sewe waarskuwingstekens wat na ‘n stopstraat lei, insluitend tekens wat ‘n hoë ongeluksone aandui, oorgeslaan.

Daar is getuies gelewer dat hy teen ongeveer 135 km/h in ‘n 60 km/h-sone oor die stopteken gery het die voertuig se bande het die gruis getref, waarna hy beheer oor die voertuig verloor het. Dit het teen ‘n groot tekenbord gebots.

Die impak was verwoestend. Gardiner en Barnard is uit die motor geslinger en is tragies op die toneel dood verklaar. Du Plessis en ‘n ander insittende wat in daardie stadium nog minderjarig was, het die ongeluk oorleef.

Du Plessis sal minstens 10 maande van sy vonnis moet uitdien voordat hy in aanmerking vir parool kan wees.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê padongelukke in Suid-Afrika gebeur meestal as gevolg van spoedoortredings, mense wat nie veiligheidsgordels dra nie, dronkbestuur, voetgangers wat voor voertuie beland of as gevolg van slaggate.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button