Local newsNewsNews

Vereniging reken JB Marks is beste in Noordwes

JB Marks is voorheen erken vir uitnemendheid in waterdienste.

JB Marks Plaaslike Munisipaliteit is op 2 Oktober deur Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging (SAPOA) tydens toekennings wat in Sun City gehou is, as die beste presterende munisipaliteit in die Noordwes-Provinsie aangewys.

Die munisipaliteit het in ‘n verklaring verduidelik dat die toekenning beklemtoon hulle pogings om munisipale stelsels, infrastruktuur en dienste te handhaaf en te verbeter.

“Dit vestig die aandag op die belangrikheid van volhoubare praktyke in plaaslike bestuur, veral in hoe ‘n munisipaliteit groei, finansies, dienslewering en responsiwiteit op gemeenskapsbehoeftes bestuur. Terwyl ons hierdie toekenning vier is ons gevul met geweldige trots, nie net oor die toekenning nie, maar ook oor wat dit verteenwoordig. Dit verteenwoordig ons kollektiewe keuse om ‘n stad te bou wat waardig is aan ons kinders en kleinkinders,” het die munisipaliteit op hulle Facebook blad gesê.

“Hierdie munisipaliteit is ons tuiste. Elke herstelde pyp, elke opgegradeerde pad, elke skoongemaakte blokkasie is ‘n baksteen in die fondament van die JB Marks wat ons saam bou. Ons erken dat daar meer werk is om te doen. Daar is steeds departemente wat aandag verg, die vertraagde projekte – dit is ons volgende uitdagings om te oorkom. Laat hierdie toekenning nie ‘n bestemming wees nie, maar die brandstof vir ons voortgesette reis. Saam onderhou ons nie net ‘n stad nie; ons bou ‘n nalatenskap vir toekomstige geslagte. Dit is ons tuiste, en elke dag kies ons om dit beter te maak,” lees die verklaring verder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button