Nuwe hoof bring passie en groot drome na Gimmies
Gimmies het sy nuwe hoof aangekondig. Michael van der Merwe, ’n oudstudent van die NWU, keer terug na Potchefstroom met ’n visie om die skool se identiteit te versterk, leerders te bemagtig en nuwe hoogtes te bereik.
Gimmies het onlangs ‘n nuwe hoof aangestel, dit na die vertek van hulle vorige hoof na Nelspruit. Nou is daar nog iemand van die laeveld aan die stuur van sake by Gimmies.
Michael van der Merwe (38), gaan in Desember die stuur by Gimmies vat, ‘n taak wat hy as student reeds uitgespreek het.
“As jong getroude student in Potchefstroom het ek een oggend in 2009 vir my vrou gesê dat ek eendag die hoof van Gimmies gaan wees en kyk waar sit ons nou! Om ‘n skool wat reeds hoog vlieg na hoër hoogtes te neem is ‘n wonderlike uitdaging waarna ek uitsien,” het vhy vertel.
Hy beklee al sedert hy 33 jaar oud was, die pos as hoof by Hoërskool Lydenburg, dit is dalk jonk, maar met passie, genade en harde werk het hy vir vyf jaar die rol suksesvol beklee.
“Die van der Merwes staan vir niks terug nie. Ek is baie dankbaar vir die blootstelling en groei. Ek het al van jonks af geweet ek is geroep om ʼn skoolhoof te wees. Ek het nog altyd ʼn passie vir die onderwys gehad. Onderwys gaan nie net oor die leerders en die personeel nie, maar raak ook die hele gemeenskap. Ek glo ek is geroep om ‘n impak te maak daar waar ek beweeg,” het hy gesê.
Van der Merwe en sy vrou van 16 jaar Anine het albei by die NWU se Potchefstroomkampus studeer. Hier het Michael, BSc Sielkunde en fisiologie studeer waarna hy, sy Meestersgraad in Onderwysbestuur by Unisa voltooi het.
Gebore en groot geword op ‘n plaas buite Bethlehem is hy nie net ‘n plaasseun nie, maar ook ‘n akademikus maar soos dit enige plaaskind betaam, geniet hy die buite lewe, natuur, kamp en natuurlik sport.
Hy kom beslis nie net om die status quo te handhaaf nie, daar is planne
My visie vir die skool is om die identiteit van die skool in die gemeenskap vas te maak en na te jaag.
Om leerders te bemagtig vir die lewe na skool en om kritiese denkers en gemeenskap dienaars te kweek. Ek glo in drie beginsels, span voor plan, geen droom is te groot en elke persoon se potensiaal is oneindig,” vertel hy.
Volgens hom is su hoogtepunte as skoolhoof om die potensiaal van mense om hom raak te sien en te ontwikkel.
“Ons is baie opgewonde oor ons nuwe seisoen en om saam die Gimmie gemeenskap te dien,” het hy afgesluit.



