Local newsNewsNews

Boesman en Lena by Aardklop gekanselleer

Boesman en Lena vertonings by Aardklop gekanselleer weens ongesteldheid, kaartjiekopers kry terugbetaling of alternatiewe opsies.

Die Momentum Aardklop Nasionale Kunstefees het aangekondig dat die speelvak van die debuutproduksie Boesman en Lena ongelukkig in Potchefstroom gekanselleer moet word. ’n Ongesteldheid van ’n lid van die geselskap het die bestuur genoop om dié besluit te neem, wat die vertonings op 8 Oktober om 09:30, 9 Oktober om 14:00, 10 Oktober om 19:30 en 11 Oktober om 09:30 raak.

Die Afrikaanse vertaling van Boesman and Lena, ’n klassieke werk van die wêreldbekende dramaturg Athol Fugard, wat vroeër vanjaar oorlede is, sou ’n viering van sy nalatenskap wees. Die besluit om te kanselleer is in oorleg met die produksiespan geneem ter wille van die veiligheid en welstand van die geselskap, wat vir Aardklop ’n topprioriteit bly.

Momentum Aardklop het sy opregte verskoning aangebied vir enige ongerief wat die kansellasie veroorsaak. Alle kaartjiekopers sal volledig terugbetaal word, maar feesgangers het ook die opsie om hul kaartjies vir een van die ander vertonings te gebruik.

Alternatiewe produksies wat tydens die fees beskikbaar is, sluit in:

  • ’n Begin – 8 Okt. 16:00 | 9 Okt. 19:30 | 10 Okt. 09:00

  • Stinkhout – 8 Okt. 14:30 | 9 Okt. 19:30 | 10 Okt. 09:30 | 11 Okt. 19:30

  • Belofte van Vere – 8 Okt. 14:00 | 9 Okt. 13:00 | 10 Okt. 16:00 | 11 Okt. 10:00

  • Wings of Light: Dance of an Angel – 9 Okt. 19:30 | 10 Okt. 10:00

  • Die een wat bly – 8 Okt. 12:30 | 9 Okt. 13:00 | 10 Okt. 19:30 | 11 Okt. 09:00

  • Bitter Winter – 8 Okt. 20:00 | 9 Okt. 09:30 | 10 Okt. 18:00

  • Verwelkingslied – 8 Okt. 19:30 | 9 Okt. 09:30 | 10 Okt. 14:00 | 11 Okt. 14:30

Die Aardklop-span by die kaartjiekantoor staan gereed om enige besprekings aan te pas, maar vra vir geduld terwyl terugbetalings verwerk word. Vir verdere bystand kan feesgangers die kliëntediens-span kontak by [email protected].

Die feesorganiseerders sê hulle waardeer die begrip en ondersteuning van kaartjiekopers en sien uit daarna om die res van die fees, teater en kuns saam met feesgangers te geniet. Die produksie van Boesman en Lena sal steeds by Woordfees voortgaan, en verdere inligting sal binnekort beskikbaar wees op die Woordfees-webblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button