Local newsNewsNews

Video: NWU se nuwe eerstejaars pak Amfiteater vol

Daar was studente van onder andere Witrivier in Mpumalanga, Pretoria in Gauteng, sowel as Robertson in die Wes-Kaap onder talle ander stede en dorpe. 

Dit was ‘n miernes van bedrywighede op die NWU Potchefstroomkampus vanoggend (Saterdag, 31 Januarie) met die nuwe eerstejaar-studente, ouers en familie wat amptelik verwelkom is.

Duisende studente van oraloor die land het met groot opgewondenheid die Amfiteater volgepak. Daar was studente van onder andere Witrivier in Mpumalanga, Pretoria in Gauteng, sowel as Robertson in die Wes-Kaap onder talle ander stede en dorpe.

Kyk die video hier: (Video: Wouter Pienaar)

Die NWU bestuur en hul leierskorps het beklemtoon dat studente by die NWU geleenthede kry om hul potensiaal te bereik.
Die ondersteuning wat die NWU bied verryk studente, maar dit is steeds die studente se plig om hul eie sukses te bewerkstelling.

Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

Prof. Daryl Balia, Adjunk-visekanselier van die Potchefstroomkampus, het genoem dat die NWU op belangrike aspekte fokus wat hul ‘n voortuistaande institusie maak. Die sluit in meertalligheid, die gebruik van KI en digitale tegnologie sowel as ‘n klem op veiligheid en sekuriteit. 

Hy het die studente aangespoor om op hul akademie te fokus en klasse by te woon, al is die leerwerk en verpligtinge soms baie.

“Soms gaan julle springmielies eet as ‘n middernaghappie en ander kere net met drie ure se slaap moet tevrede wees. Maar as julle al hierdie uitdagings beleef dan weet julle dat jul nou volwaardige studente is,” het Prof. Balia in ‘n lighartige luim genoem.

Die Registrasie en Oriënterings-program (R & O) vind tot Saterdag, 7 Februarie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button