Local newsNewsNews

Face of Potchefstroom 2026 skitter op Snowflake-verhoog

Dié platform bied jaarliks aan jong talent uit die Noordwes-provinsie die geleentheid om hul drome na te jaag.

Die gewilde model- en skoonheidskompetisie Face of Potchefstroom / North West het weereens bewys hoekom dit in net ’n paar jaar ’n hoogtepunt op die plaaslike kalender geword het. Sedert die ontstaan daarvan in 2021 deur JannyDjan Events, bied dié platform jaarliks aan jong talent uit die Noordwes-provinsie die geleentheid om hul drome na te jaag en vanjaar was geen uitsondering nie.

’n Groter en lewendiger eindronde

Die groot eindronde het op 11 April by Snowflake in Potchefstroom plaasgevind, waar 52 deelnemers die verhoog betree het, meer as die vorige jaar. Die geleentheid het saamgeval met Snowflake se gewilde markdag, wat vir ’n lewendige, energieke atmosfeer gesorg het.

Agter die sukses van die kompetisie staan Janet Potgieter, die dinamiese dryfkrag agter die JannyDjan-handelsmerk.

“Hierdie jaar was regtig besonders. Ons het venue geskuif, dit was groter, en die energie was ongelooflik. Dit voel vir my asof die kompetisie elke jaar net nóg meer momentum kry,” vertel Janet.

’n Platform vir almal

Een van die unieke kenmerke van die kompetisie is dat dit toeganklik is vir almal, van beginners tot gevorderde modelle. Deelnemers ding mee in twee hoofafdelings, naamlik Modelling en Pageantry, met verskillende ouderdomsgroepe en vlakke.

“Ek het dit doelbewus ’n entry-level kompetisie gemaak,” verduidelik Janet. “Ek wil hê mense moet gemaklik voel om in te skryf. Nie almal het die geleentheid om Gauteng toe te gaan vir sulke platforms nie, maar Potchefstroom het soveel talent, dit loop oor.”

Sy voeg by dat haar liefde vir die stad en die Noordwes haar dryf. “Toe ek die agentskap begin het, het ek geweet ek moet ’n mark hier skep. Hierdie gemeenskap verdien dit.”

Die Public Choice-wenner, Golethabo Ntsoelengoe. Foto: Chantal Clapton Potchefstroom Academy Photography Studio

Meer as net mooi gesigte

Hoewel die glans en styl beslis ’n hoogtepunt is, lê die hart van die kompetisie in gemeenskapsbetrokkenheid. Vanjaar se amptelike liefdadigheidsorganisasie was die Matlosana Stilfontein Animal Shelter, wat ’n indrukwekkende R25 890 ontvang het. ’n Bedrag wat volgens Janet verdubbel het teenoor die vorige jaar.

Die Public Choice-wenner, Golethabo Ntsoelengoe, het alleen R4 930 ingesamel.

“Dit gaan nie net oor modelwerk nie. Ons leer die deelnemers om ’n verskil te maak,” sê Janet.

Janet handing die donasiefondse aan Matlosana Stilfontein Animal Shelter oor. Foto: Chantal Clapton Potchefstroom Academy Photography Studio

Sterbelaaide beoordelaarspaneel

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit ’n indrukwekkende groep kundiges, waaronder Nthabiseng Setena, Stephan Venter, Philile Ziyane, Lesley Seokwang en Marinet Potgieter. Elk met hul eie unieke bydrae tot die wêreld van modelwerk en vermaak.

Stephan Venter sê die geleentheid was baie groter as laasjaar.

“Dit was baie suksesvol. Ek is stomgeslaan deur die talent wat ons in die Noordwes het. Dit skep ‘n platvorm vir mense in die gemeenskap om bymekaar te kom, terselfdetyd is dit ook ‘n geleentheid om terug te gee vir die gemeenskap. Dit was vir my ‘n vreeslike groot voorreg om deel te wees van hierdie geleentheid.”

VLNR: Marinet Potgieter, Stephan Venter, Philile Ziyane, Nthabiseng Setena en Lesley Seokwang. Foto: Chantal Clapton Potchefstroom Academy Photography Studio

Wenners wat uitblink

Die aand het talle sterre opgelewer, met wenners in verskeie kategorieë:

Modelling-afdeling sluit in:

  • Teen Model of the Year Beginner – Nomzamo Waki
  • Teen Model of the Year Advanced – Mia Coertzen
  • Model of the Year Advanced – Motso Nkafu
  • Male Model of the Year Advanced – Ebert Jonker
  • Mature Model of the Year Beginner – Agnes Mafereka
  • Mature Model of the Year Advanced – Lilla-Ann Adams
  • Tween Model of the Year Beginner – Lachwante Ramekwa
  • Tween Model of the Year Advanced – Mila de Bruyn
  • Little Model of the Year Beginner – Doyeong Baek
  • Little Model of the Year Advanced – Golethabo Ntsoelengoe
  • Model of the Year Beginner – Palesa Seoka
Modelling wenners 2026. Foto: Chantal Clapton Potchefstroom Academy Photography Studio

Pageantry-afdeling sluit in:

  • Mr Face of Potchefstroom Beginner – Ebert Jonker
  • Miss Teen Face of Potchefstroom Advanced – Olwethu Khumbula
  • Miss Face of Potchefstroom Advanced – Elizna Pretorius (ook Fotogenies)
  • Miss Mature Face of Potchefstroom Beginner – Louise Kruger
  • Miss Face of Potchefstroom Beginner – Keorapetse Kgampe
  • Miss Teen Face of Potchefstroom Beginner – Nomzamo Waki
  • Miss Face of North West Advanced – Karabelo Ramorena
  • Miss Tween Face of Potchefstroom Beginner – Amelia Joshua
  • Miss Tween Face of Potchefstroom Advanced – Zia Muller
  • Little Miss Face of Potchefstroom Beginner – Golethabo Ntsoelengoe
Pageantry wenners 2026 saam met Janet Potgieter. Foto: Chantal Clapton Potchefstroom Academy Photography Studio

Groei, glans en geleenthede

Elke wenner stap nie net weg met ’n titel nie, maar ook met ’n professionele fotosessie, insluitend hare, grimering en uitrusting, ter waarde van R5 000.

Vir Janet, wat al 20 jaar in Potchefstroom woon, bly die grootste beloning egter die mense: “Ek geniet dit ongelooflik om elke model te leer ken en hul groei te sien. Dis amper soos ’n ‘bootcamp’, maar met hakke en wimpers,” lag sy.

Met ’n groeiende reputasie, toenemende deelname en ’n sterk fokus op gemeenskap en ontwikkeling, is dit duidelik, Face of Potchefstroom is nie net ’n kompetisie nie, dit is ’n beweging wat jong drome help vorm en laat blom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button