Local newsNewsNews

Inspirasie, leierskap en wêreldklasprestasie by Laerskool Mooirivier

Die oud-Springbok en Leeus flank, Jaco Kriel, het by Laerskool Mooirivier kom kuier.

Laerskool Mooirivier se Tokkies het hierdie week weer gewys dat hulle nie net in die klaskamer presteer nie, maar ook as gemeenskap, leiers en op internasionale vlak hul merk maak. Van inspirerende besoeke tot uitstaande prestasies. Hier is wat die week besonders gemaak het.

Oud-Springbok, Jaco Kriel, inspireer Tokkies

Die skool het die voorreg gehad om Jaco Kriel, oud-Springbok, by die Tokkie-familie te verwelkom. Met eerlikheid en passie het hy met leerders gesels oor sy rugbyloopbaan, persoonlike uitdagings en die lesse wat hom gevorm het.

Sy boodskap was duidelik: deursettingsvermoë, dissipline en geloof in jouself bly die sleutels tot sukses, op én van die veld af. Sy kuier het ‘n blywende indruk gelaat en menige jong Tokkie met nuwe motivering gelaat om hul drome na te jaag.

Jaco Kriel, oud-Springbok, teken ‘n rugbybal vir Tokkies

Nuwe hoofleiers neem leiding vir Kwartaal twee

Leierskap staan sentraal tot die Tokkie-kultuur, en hierdie kwartaal se hoofleiers is gereed om die voortou te neem. Baie geluk aan die volgende leerders wat vir Kwartaal twee verkies is.

Dogters: Elnette Burgers, Emma Cronje, Danielle Geldenhuys en Lika van Vuuren.

Seuns: Jarred Allem, Francois Fourie, Rick Nienaber en Declan Taute.

Hierdie jong leiers dra nie net die skool se waardes uit nie, maar leef dit daagliks uit. Die pad vorentoe hou ongetwyfeld groei, uitdagings en onvergeetlike oomblikke in.

Laerskool Mooirivier se hoofleiers vir kwartaal twee

Tokkie-skaakspeler mik wêreldhoogtes

Laerskool Mooirivier vier met trots Philip Gouws (Graad 4) wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Commonwealth Chess Championships in Kalutara.

Hierdie wêreldklastoernooi bring spelers van regoor die Statebond byeen en bied vir Philip ‘n besondere geleentheid om sy talent op internasionale vlak te wys. Die kampioenskappe vind plaas van 16 tot 26 Mei, en die hele Tokkie-gemeenskap staan bankvas agter hom.

Philip Gouws, waar hy skaak speel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button