Local newsNewsNews

‘n Fees by munisipale tuinvullisterrein

Volgens verskeie inwoners is dit deesdae ’n plesier om van hul tuinvullis ontslae te raak.

Waar inwoners gewoonlik net vinnig hul tuinvullis wil aflaai en weer ry, het die munisipale tuinvullisterrein in Potchefstroom se industriële gebied onlangs in iets besonders verander… ’n plek wat sommer soos ’n fees voel.

Volgens verskeie inwoners is dit deesdae ’n plesier om van hul tuinvullis ontslae te raak. Die terrein, wat onder ’n nuwe kontrakteur van Klerksdorp funksioneer, staan uit vir sy netheid, orde en vriendelike diens.

‘n Bakkie kom gooi vullis weg en die manne spring vinnig om te help. Foto: Tania Coetzee

Vuyo Motebe, Raymond Mngume en Itumeleng Moipolai, wat al vir die afgelope vier maande daar werk, sê hoewel hulle nog relatief nuut is, geniet hulle elke oomblik. Vir hulle gaan dit nie net oor werk nie, maar oor mense.

“Ons hou daarvan om vriendelik te wees en mense te help,” vertel hulle trots.

Dié ingesteldheid wys. Die terrein is skoon en netjies, met duidelike lyne en vars geverfde sypaadjies en ‘n behoorlike ingang. Wat dalk die meeste uitstaan, is die afwesigheid van die tipiese onaangename reuke, iets wat mens selde met sulke terreine assosieer.

Die terrein is netjies en skoon. Foto: Tania Coetzee

Inwoners het vinnig hul waardering op Facebook uitgespreek.

Die Opstal Potchefstroom beskryf die terrein as “fantasties” en prys die netheid en hulpvaardigheid van die personeel.

“Baie dankie, nou ’n plesier om dit te gebruik,” sê Babsie van der Merwe.

Johan Loots stem saam: “Dit voel soos ’n fees om daar vuilgoed af te laai. Baie dankie.”

Wat eens ’n alledaagse taak was, het nou verander in ’n ervaring wat inwoners laat glimlag, ’n klein maar betekenisvolle bewys dat goeie dienslewering wel ’n verskil kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button