Local newsNewsNews
Potch JKA hou suksesvolle gradering
Elke deelnemer het harde werk, dissipline en deursettingsvermoë gewys.
Potch JKA het op 22 April ’n suksesvolle gradering by die dojo in die Amelia Care Centre aangebied, waar 13 karateka op verskillende vlakke hul vaardighede ten toon gestel en nuwe grade behaal het.
Volgens Almaro de Villiers, was die gradering ’n trotse oomblik vir beide studente en afrigters, met elke deelnemer wat harde werk, dissipline en deursettingsvermoë gewys het.
Die dojo het al die studente gelukgewens met hul prestasies en hulle aangemoedig om voort te bou op hul sukses.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



