Local newsNewsNews

Omgewing se rol in onderrig word tydens VWS-byeenkoms bekyk

Die tema vir die dag “Ons gee om vir die wêreld en sy mense,” het nie net ‘n bewustheid gebring van die natuur en die bewaring daarvan nie, maar het ook gekyk na die groot rol wat die omgewing in onderrig speel.

Die Vereniging vir Welstand in Skole het hul omgeehart gewys tydens hul jaarlikse geleentheid op 11 April by die Willows Garden Hotel.

Die tema vir die dag “Ons gee om vir die wêreld en sy mense,” het nie net ‘n bewustheid gebring van die natuur en die bewaring daarvan nie, maar het ook gekyk na die groot rol wat die omgewing in onderrig speel.

Verskillende gassprekers, onder andere, Tessa Browne van die Africa Reggio Emilia Alliance, Heleen Human, nasionale voorsitter van die Landsdiens, sowel as Chris Conradie, onderwyser by Laerskool President Pretorius, het oor verskeie interessante aspekte gesels.

Tessa Browne van die Africa Reggio Emilia Alliance tydens haar voorlegging.


Browne het meer oor die Reggio Emilia-benadering tot onderrig vertel en praktiese voorbeelde gedeel uit ander Reggio-inspired schools wat tans in Suid- Afrika is.

Hulle bied ook Africanarra aan – ‘n naweek waar stories op kreatiewe maniere voorgelees en
uitgebeeld word aan jonk en oud.

Human, sowel as Conradie het die vier liefdes van Landsdiens kom deel:
Liefde vir God ons Skepper, Medemens, Arbeid en die Omgewing.

Die Landsdiens bied ‘n reeks aktiwiteite, kampe en pret vir kinders vanaf
kleuterskool tot Universiteit en die voordele van ontwikkeling, blootstelling, sosialisering en vaardighede is verreikend.

Die Landsdiens bestaan tans uit 12 000 jongmense wat regoor Suid-Afrika aan klubs behoort.
Die Noordwes is huidiglik die 3de grootste provinsie in Landsdiensdeelname.

Adele Lubbe, kleuterskoolonderwyseres met 30 jaar ervaring en Dr. Ona Janse van
Rensburg, stigter van die Vereniging vir Welstand in Skole, het meer kom
vertel oor die belangrikheid van kreatiewe kuns en die tegnologiese proses daarvan in kleuterskole as voorvaardigheid vir lees en skryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button