Local newsNewsNews

Seekoei glo by Boskopdam gewaar

Vroeg op Saterdagoggend (9 Mei) is 'n seekoei glo gesien wat vanaf die land tussen die riete by Boskopdam verdwyn het. 'n Soektog gaan steeds voort.

Daar is gerugte van ‘n seekoei wat glo by Boskopdam hierdie naweek gewaar is. Verskeie ooggetuies het genoem dat hul ‘n dier gewaar het wat soos ‘n seekoei lyk en optree.

Tanglewood-natuurlandgoed het op sosiale media ‘n kennisgewing vanoggend (Sondag, 10 Mei) uitgereik dat daar moontlik ‘n seekoei in die omgewing van Boskopdam is.
“Vir veiligheidsredes gaan ons nie enige kajakke of klein bote laat vaar nie. Ons sal inligting deurstuur wanneer daar meer inligting is,” het die kennisgewing genoem.

Johan Greyling, wat ‘n ooggetuie is, noem dat hy glo moontlik die seekoei vroeg op Saterdagoggend langs die dam by die Boskop Seiljagklub gewaar het.

“Ek het ‘n dier 05:00 die oggend so groot soos ‘n bees, gesien in die donkerte wat my skielik begin jaag het sonder rede. Die dier het toe met spoed in die riete beweeg waana dit in die water ingegaan het. Die dier het so vinnig beweeg dat ek gedink het dat ek nie die rondawel gaan haal nie. Die dier het deur die riete in die water met spoed beweeg. Alles dui op die optrede van ‘n seekoei.”

‘n Tweede ooggetuie was iemand wat op ‘n brug by Tanglewood gestaan het en die seekoei ongeveer 17:45 gesien het gistermiddag. Die persoon het toe vir twee vissermanne vertel wat dit eers nie geglo het nie.

Hierdie vissermanne het toe ongeveer 18:00 gisteraand vermoedelik die seeikoei in die water gesien. Sover is pogings om die seekoei weer op te spoor nog onsuksesvol.

Volgens Rob Hamman, eienaar van Tanglewood Natuurlandgoed, het hommeltuie met termiese krag probeer om die seekoei op te spoor, maar die seekoei is nie weer gewaar nie.

“Daar is ‘n moontlikheid dat die seekoei vroeg die oggend op die land was om te eet en het vir die beweging geskrik, daarom is dit so vinnig terug in die water. Met al die reën in die area is dit moontlik dat die seekoei vanaf Klerkskraaldam se rigting afwaarts beweeg het.”

Daar is in die laat 1800’s seekoeitande in die oog van Gerhard Minnebron gevind en dit is die laaste keer dat vrylopende seekoeie in hierdie area van Noordwes aangetref is.
Meer inligting sal verskaf word rondom die beweerde seekoei sodra dit gekry word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button