Herald terugflits: 52 jaar gelede verniel spoedoortreder hof met bom
'n Bom het op 17 Mei 1974 groot skade in die verkeershof aangerig.
Op 17 Mei 1974 het ‘n mnr. Alec Victor van Blyvooruitzicht Goudmyn bekendheid verwerf vir ‘n gebeurtenis wat die Potchefstroomse gemeenskap geskok het.
Victor het ‘n bom laat ontplof in die verkeershof nadat hy nie met die landdros se vonnis vir ‘n spoedoortreding saamgestem het nie. In die proses is twee mense oorlede en 38 beseer.
Die landdros het vir Victor skuldig bevind en hy moes R50 betaal of 50 dae in die gevangenis sit. Kort na die vonnisoplegging het Victor ‘n pakkie laat val waarna ‘n groot ontploffing plaasgevind het.
Die Herald het ‘n spesiale spoeduitgawe op 17 Mei 1974 gepubliseer en ook intensief oor hierdie voorval berig.
Die Herald het in 2019 ook met van die oorlewendes van hierdie insident gesels:
Kyk die argiefmateriaal hier:







