Local newsNewsNews
Volkies se leerders skitter by Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod
Volkies se leerders het uitstekend tuis gevaar toe hul die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod aangebied het.
Volkskool Potchefstroom se kultuurboffins het tydens die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod-kompetisie wat hul aangebied het weereens hul staal bewys.
Hul het hul talente behoorlik ten toon gestel met ‘n paar leerders wat bo gemiddelde stukke gelewer het.
Eduard Viljoen het ‘n A++ vir sy monoloog gekry en is as afdelingwenner deur na die volgende rondte.

Miliencke van der Westhuizen het in die “Prosa Voorlees”- kategorie ‘n uitstekende A++ behaal. Sy is sodoende as graadwenner en as Ambassadeur vir 2027 aangewys.
Marike Kennedy behaal ook ‘n A ++ vir “Prosa Voorlees” en is as graadwenner aangewys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



