Local newsNewsNews
Brand breek by verlate erf langs Mooirivier Junction uit
Brandweerpersoneel is tans op die toneel.

’n Brand het Woensdag laatmiddag, 1 Julie, by ’n verlate erf naby Mooirivier Junction in Potchefstroom uitgebreek.
Volgens inligting op die toneel is die hek by die erf glo van die spoor afgehaal.
Brandweerpersoneel is tans op die toneel en besig om die vuur onder beheer te bring.
Die gemeenskap het hul waardering uitgespreek teenoor die brandweer vir hul vinnige optrede en harde werk.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



