Local newsNewsNews

VIDEO: Kabels teruggekry na kabeldiefstal

'n Uitgebreide soektog is in die gebied geloods, maar die verdagtes kon nie opgespoor word nie.

Vinnige reaksie van Mooirivier Beskerming se beheerkamer en reaksiespan het in die vroeë oggendure van Vrydag 10 Julie daartoe gelei dat gesteelde kabels teruggevind is, hoewel die verdagtes daarin geslaag het om te ontsnap.

Volgens inligting het CCTV-operateurs omstreeks 02:28 twee verdagtes in die Goud- en Wilgenstraat-omgewing opgemerk waar hulle ‘n kabel sleep. Reaksie-eenhede is onmiddellik na die toneel ontplooi.

Met hul aankoms het die twee verdagtes te voet in Jack Hindonstraat gevlug voordat hulle oor ‘n muur na ‘n nabygeleë erf gespring het. ‘n Uitgebreide soektog is in die gebied geloods, maar die verdagtes kon nie opgespoor word nie.

Die gesteelde kabel is egter suksesvol teruggevind.

“Kort ná 02:00 het ons die verdagtes met die kabel op ons kameras opgemerk. Ons kon nie vasstel waar die kabel gesteel is nie. Alhoewel die verdagtes nie aangekeer is nie, is die kabel wel teruggekry,” het Christiaan Haefele van Mooirivier Beskerming gesê.

Haefele het inwoners gewaarsku dat kabeldiefstal toenemend voorkom en ‘n beroep op die publiek gedoen om bedag te wees op enige verdagte optrede.

“Rapporteer enige verdagte bewegings of aktiwiteite onmiddellik aan u veiligheidsdiensverskaffer of die betrokke owerhede,” het hy gesê.

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button