SportSport

100% slaagsyfer vir Luiperds se o16 Grant Khomo-span

Die Luiperds het die Valke met 27-26 gewen en oorwinnings van 43-12 teen die Limpopo Blou Bulle en 28-12 teen die Pumas behaal.

Die Luiperds se o16 Grant Khomo-span het briljante rugby gespeel by Kearsney College naby Durban vanaf 29 Junie – 3 Julie met ‘n onoorwonne vertoning in drie wedstryde.

Die Luiperds het die Valke met 27-26 gewen en oorwinnings van 43-12 teen die Limpopo Blou Bulle en 28-12 teen die Pumas behaal.

Dit was ‘n skitterende week van rugby waarop die seuns en afrigters trots kan wees. Die ruggraat van die span het uit 13 spelers van RHS bestaan juis omdat hul ‘n baie sterk o16 groep het. Die enigste Potch-verteenwoordiger in die span was Wihan Strydom van Gimmies. Hy het ook ‘n speler van die wedstryd-vertoning teen die Valke gelewer. Wihan het ‘n uitstekende toernooi gehad op skrumskakel en kon telkemale as die speler van die wedstryd aangewys word.

Die afrigter, JR Jackson, wat by Potchefstroom Gimnasium afrig, noem dat hy baie trots op sy spelers is.

“Dit was drie ongelooflike wedstryde en lekker om deel te wees van hierdie jong groep spelers. Die ouens het hul talente gebruik en bo dit gespeel.”

Volgens hom het al drie wedstryde unieke uitdagings gebied.

“Die Valke was baie goed. Hul losskakel het ons in die moeilikheid ingeskop. Omtrent in die 59ste minuut kon ons voorkom en wen. Limpopo was baie fisies gewees, maar die tweede helfte het ons die wind goed gebruik en die telbord laat weghardloop van hul af. Die Pumas was ‘n goeie span. Ons het geweet ons moes goed begin. Ons was fisies, het die bal opgepas en het die punte op die bord gekry in die eerste helfte.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button