Local newsNewsNews

Gemeenskap eis optrede teen rommelplaag

Die ANC-wyksraadslid van wyk 21, Rufane Makousa, sê hy is bewus van die probleem en doen gereeld 'n beroep op inwoners om hul omgewing skoon te hou.

Onwettige storting van huishoudelike afval en rommel bly ‘n groot kopseer in Promosa, waar oop velde op die hoek van Chris Swartz-en Parkstraat, asook die terrein voor die Promosa-gemeenskapsaal, al hoe meer onder rommel gebuk gaan.

Volgens inwoners word die rommel deur lede van die gemeenskap daar gestort. Daar word beweer dat kinders betaal word om erwe skoon te maak, waarna die vullis en tuinafval bloot in die nabygeleë veld weggegooi word.

Die ANC-wyksraadslid van wyk 21, Rufane Makousa, sê hy is bewus van die probleem en doen gereeld ‘n beroep op inwoners om hul omgewing skoon te hou.

“Ek pleit voortdurend by mense om op te hou om onwettig rommel, veral huishoudelike afval, te stort. Die munisipaliteit verwyder huishoudelike vullis een keer per week, daarom is daar geen rede om dit in oop ruimtes weg te gooi nie,” sê Makousa.

Hy voeg by dat die probleem verder vererger word deur stadige reaksietye wanneer die munisipaliteit se Gemeenskapsdienste-afdeling oor die onwettige storting ingelig word.

“Wanneer ons dit aanmeld, reageer Gemeenskapsdienste dikwels nie betyds nie, of glad nie. Sover ek weet, is daar net een operateur wat die laaigraaf kan bestuur, en hy moet die hele JB Marks-munisipale gebied bedien,” verduidelik hy.

Volgens Makousa word die gebiede wel van tyd tot tyd skoongemaak, maar binne slegs ‘n dag of twee is dit weer met rommel besaai. Die terrein langs die Promosa-gemeenskapsaal word volgens hom deur presies dieselfde probleem geteister, met inwoners wat ondanks herhaalde versoeke steeds afval op oop terreine stort.

Teen druktyd het die plaaslike munisipaliteit nog nie op navraag reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button