SportSport

Gimmies laat die stof staan op hul bergfietse

Gimmies se bergfietsryers het hulself goed van hul taak teen Gauteng en Noordwes se bestes gekwyt.

By die onlangse XCO en XCC Gauteng en Noordwes Bergfietskampioenskappe het Gimmies se bergfietsryers hulle staal gewys by Riversands Farm naby Midrand. Hulle het teen van die top bergfietsryers vanuit twee provinsies vanaf 4-5 Julie gekompeteer.

Alex Fourie, Phillip Moodie, Dian Scholtz en Juwan Serfontein was die eerste vier deelnemers van Noordwes in die jeug mans (15-16 jaar) ouderdomsgroep in die XCC-afdeling. Fourie het hier in 10:42 ‘n tweede algehele plek behaal.

Fourie het ook algeheel brons in die XCO-wedren in 49:26 behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button