Local newsNewsNews

Stoffels-gesin steeds sonder hulp 18 dae ná verwoestende brand

Hoewel ’n BackaBuddy-veldtog kort ná die brand van stapel gestuur is om die gesin te help herbou, is daar tot dusver nog geen geld ingesamel nie.

Dit is nou 18 dae sedert ’n verwoestende brand groot gedeeltes van die Stoffels-gesin se huis in Lekaystraat, Promosa, in puin gelê het, maar die gesin se stryd om weer op hul voete te kom duur steeds voort.

Hoewel ’n BackaBuddy-veldtog kort ná die brand van stapel gestuur is om die gesin te help herbou, is daar tot dusver nog geen geld ingesamel nie. Intussen staan die huis steeds sonder ’n dak en wag die gesin nog op die nodige hulp om hul lewe te herbou.

Die brand het op Jeugdag, 16 Junie, uitgebreek nadat brandstigters vermoedelik brandbare voorwerpe deur ’n boonste venster gegooi het. Niemand is in die voorval beseer nie, maar groot dele van die huis en die gesin se besittings is vernietig.

Jeff Stoffels sê die afgelope 18 dae was uiters moeilik.

“Ons sukkel nog om die dak uitgesorteer te kry. Die huis is steeds sonder ‘n dak. Ek weet nie hoe ek die kamers binne gaan regmaak nie en die elektriese drade moet ook heeltemal oorgedoen word,” sê hy.

Volgens Stoffels is daar, ondanks die BackaBuddy-veldtog wat op die been gebring is, nog geen finansiële bydraes ontvang nie.

Die voormalige SAPD-speurder en sy vrou, wat voorheen by Korrektiewe Dienste werksaam was, staan nou voor die enorme taak om hul huis en hul lewe van voor af op te bou.

Enigiemand wat die Stoffels-gesin wil ondersteun, word aangemoedig om hulle by te staan, aangesien elke bydrae ‘n verskil kan maak terwyl hulle probeer herstel van die traumatiese verlies. Jy kan hier by hulle backabuddy skenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button