Local newsNewsNews

NWU student wen internasionale modeltitel in Las Vegas

"Hierdie wen beteken vir my alles. Dis iets waarvoor ek so hard gewerk het."

Die NWU-student, Chriské Schwirzer, het haar land trots gemaak om as die wenner van die Senior Vroue-model van die Wêreld-toekenning by die WCOPA (Wêreldkampioenskap van Uitvoerende Kunste) in Las Vegas, VSA, aangewys te word. Sy moes teen deelnemers uit meer as 50 lande meeding, met strawwe kompetisie tussen die skoonhede van regoor die wêreld.

Buiten hierdie fantastiese prestasie het hierdie pragtige 19-jarige dame, oorspronklik van Nelspruit, ook die afdeling vir aanddrag oor alle ouderdomsgroepe heen gewen. Om haar nek dra sy ook goue medaljes vir modelwerk in swemdrag, gemaklike drag en aanddrag, sowel as dramatoneel. Sy het ook silwer verower vir modelwerk (fotografie) en brons vir toneel (komedie) en “spokes modelling”.

Chriské tydens die kompetsie in Las Vegas.

“Ek was geskok en trots toe ek hoor dat ek gewen het. Ek is trots om my land te verteenwoordig, maar so gelukkig en ongelooflik dankbaar vir almal wat dit moontlik gemaak het,” noem hierdie BCom-bestuurswetenskappe-student. Sy studeer vir dié graad met bemarking en toerisme as hoofvakke.

Sy glo dat haar opleiding en die feit dat sy na haar afrigter, Ronell Joubert van Timeless Modelling, geluister het, in haar guns getel het.

“Ek was gehoorsaam aan wat ons tydens die oefeninge gesê is en wat ’n mens moet doen. Ek glo ook dit help om ’n goeie ondersteuningstelsel te hê wat my ondersteun.”

Chriské is al sedert laerskool in die bedryf en neem sedert 2013 aan drama en sang deel.

“Hierdie wen beteken vir my alles. Dis iets waarvoor ek so hard gewerk het, want dit is my tweede keer wat ek deelneem. Dit was vir my spesiaal dat Noelè McMaster (Timeless) ook vanjaar gewen het. Sy is vir my soos ’n sussie, so dit beteken dit nog meer vir my.”

Chriské bedank ’n lang lys rolspelers wat elkeen ’n groot rol in haar prestasies gespeel het. Dit sluit SACOPA se Dr Ellen Roux, Oom Frik de Lange, Bernadette van Niekerk en Elzette Boshoff in, sowel as die Timeless Modelling and Deployment Academy-span: Ronell Joubert (afrigter), Jacques Lombard (CEO) en Noelè McMaster (scout).

“My familie, en natuurlik ons Hemelse Vader, want sonder Hom was dit nie moontlik nie. Ek waardeer julle hulp en ondersteuning meer as wat woorde kan beskryf. Elkeen van julle het ’n spesiale plek in my hart en in my sukses. Daar is net dank in my hart vir elkeen van julle.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button