SportSport

Gimmies se bekerdroom leef voort

Die regtervleuel, MJ Potgieter, het in die doodsnikke van die wedstryd in die hoekie oorgeduik om die wen te beklink.

Gimmies se eerste rugbyspan is ook deur na die half-eindstryde van die Noordvaal Virsekerbeker nadat hul in ‘n taai wegwedstryd vir Hoërskool Hugenote met 27-25 in Springs vanoggend (Saterdag, 1 Augustus) geklop het.

Die regtervleuel, MJ Potgieter, het in die doodsnikke van die wedstryd in die hoekie oorgeduik om die wen te beklink. Met die twee minute oor was Gimmies nog met 22-25 agter.

Gimmies was halftyd met een punt agter die tuisspan. Met die telling 14-15 in Hugenote se guns moes Gimmies diep delf sowel as ‘n paar goeie taktiese skuiwe maak.

Rynel Rautenbach het ‘n groot impak vir die Potchefstromers van die bank af gemaak. MJ Potgieter was ook uitstekend op regtervleuel en het twee drieë ingesamel.

Kaptein, De Wet Grobler was weer ‘n yster op agtsteman. Hy kan as die “Postman” bekendstaan omdat hy altyd deliver soos die Engelsman sou sê.

Zandré Da Silva het twee doelskoppe en ‘n strafskop oorgeklits wat waarvol was in sy noue stryd. Logan Botes en Evan Human het ook oor die doellyn vir Gimmies gekuier.

Sodoende het drie van Gimmies se vier spanne na die half-eindstryde beweeg.

Uitslae:

o19A : Potchefstroom Gimnasium 36 – 15 Die Anker
o19A : Potchefstroom Gimnasium 38 – 7 Die Anker
o19A : Potchefstroom Gimnasium 15 – 37 Dinamika
o19A : Potchefstroom Gimnasium 27 – 25 Hugenote

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button