Munisipaliteit besig om kragkabels in Rivierstraat te herstel
Inwoners is briesend die afgelope week nadat hul na sewe dae nog geen kragtoevoer gehad het nie.
Na meer as ‘n week is die JB Marks Munisipaliteit uiteindelik besig om die kragtoevoer-dilemma in Rivierstraat te herstel.
Die Herald was Maandag, 3 Augustus omstreeks 12:15 op die toneel in Rivierstraat waar ‘n span van die elektrisiteit-afdeling met ‘n paar trokke besig was om dit kabels te herstel. Dit is nog onseker presies wanneer inwoners weer kragtoevoer sal hê.
Inwoners was briesend die afgelope week nadat hul na sewe dae nog geen kragtoevoer gehad het nie.
Van die inwoners se grootste klagtes was dat hul nie warm water het om te bad of te stort, of geen manier het om hul kos koud te hou nie.
Die JB Marks Munisipaliteit het nog nie op die Herald se navrae gereageer nie.



