Local newsNewsNews

Tokkie-koor beleef onvergeetlike Kaapstad-avontuur

Die oud-Mooirivier BL-lid, Duitser Bosman, wat saam met die koor op die vlug was, het uit sy liefde vir die skool, vir elke koorlid 'n koeldrank gekoop.

Laerskool Mooirivier (Tokkies) se koorlede het die afgelope week ‘n onvergeetlike avontuur in Kaapstad beleef ter voorbereiding van die ATKV Applous-finaal. Die groep het op 29 Julie per vliegtuig na die Moederstad vertrek, met byna ‘n hele vlug vol Tokkies.

Die reis het ‘n besondere verrassing ingehou toe oud-BL-lid, Duitser Bosman, wat saam met die koor op die vlug was, uit sy liefde vir die skool vir elke koorlid ‘n koeldrank gekoop het. Die skool het Bosman bedank vir sy mooi gebaar van omgee en Tokkie-trots en gesê hulle hoop die vlug sal vir die koorlede ‘n herinnering wees wat hulle nog vir baie jare sal koester.

Op 30 Julie het die koorlede die Two Oceans Aquarium besoek voordat hulle die dag afgesluit het met vis en skyfies by Mariner’s Wharf in Houtbaai. Volgens die skool was die dag gevul met pret, avontuur en kosbare herinneringe.

Later dieselfde dag het die spanning en opgewondenheid begin opbou toe die koor gereed gemaak het vir die ATKV Applous-finaal. Die skool het gesê maande se harde werk, toewyding en passie het tot dié groot oomblik gelei en hul trots uitgespreek oor elke koorlid. Die Tokkie-gemeenskap het die koor sterkte toegewens en hulle aangemoedig om uit hul harte te sing en elke oomblik op die verhoog te geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button