SportSport

Volkies se hokkiedogters wen Noordvaal-trofee vir die eerste keer

Volkies se eerstespan hokkiedogters het hul derde eindstryd van die jaar gespeel en nog 'n trofee gelig.

Volkies se eerste dogtershokkiespan het geskiedenis gemaak toe hulle die afgelope naweek vir die eerste keer die Noordvaal-hokkietitel tydens die Mediumskole-finaal verower het.

Volkies het Brescia House van Bryanston met 1-0 geklop om die titel te wen. In die halfeindstryd het hulle hul veggees gewys met ‘n briljante 3-2-oorwinning teen Penryn College nadat hulle met 2-0 agter was.

Onder die afrigting van Jarryd Hammond en Liezel Viljoen het dié groep dogters hul seisoen op ‘n absolute hoogtepunt afgesluit. Hammond, wat ook Hoër Volkskool Potchefstroom se hokkiedirekteur is, sê die dogters was absoluut briljant.

“Hulle het uitstekend gespeel. Ek is ongelooflik trots op die meisies wat geskiedenis gemaak het.”

Dit was ook die span se derde eindstryd van die jaar. Hulle het die NWU Prestigereeks gewen en ook tweede by die Fairtree Sportfees in Menlopark geëindig. Verder het hulle derde in die Noordwes-liga geëindig.

“Dit is ‘n bewys dat Volkies-hokkie beslis op die opwaartse pad is.”

Dit was ook ‘n fantastiese afsluiting vir sewe van Volkies se matrieks, wat hul laaste skoolwedstryd met ‘n bekeroorwinning afgesluit het. Hulle is die kaptein, Nicola van Schalkwyk, die onderkapteins, Zanerie Rohlandt en Tessa Ferreira, asook Alexis Duvenhage, Marni van Jaarsveld, Nicola Pelser en Clarinda de Wet.

Uitslae:

Poelfase:

  • 6-0-oorwinning teen Curro Heuwelkruin
  • 5-1-oorwinning teen Wagpos
  • 5-0-oorwinning teen Centurion

Uitklopfase:

  • Kwarteindstryd: 4-0-oorwinning teen Randburg
  • Halfeindstryd: 3-2-oorwinning teen Penryn College
  • Eindstryd: 1-0-oorwinning teen Brescia House (Bryanston)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button