Local newsNewsNews

Nuwe geologiese staproete in die Vredefortkoepel

Omdat dit 'n begeleide staproete is waar die unieke geologie en besonderse natuurskoon langs die roete bewonder en verduidelik word, neem dit tussen 5,5 en 6 uur om te voltooi.

Op die plaas Kopjeskraal, in die hart van die Vredefortkoepel-Wêrelderfenisterrein net buite Parys, is daar ‘n splinternuwe geologiese staproete waarvoor die publiek hul stapskoene kan afstof.

Gideon Ellis van Potchefstroom het op Saterdag 1 Augustus, die stappers van die Vaal Stapklub uitgenooi om die roete te kom verken.

‘n Verteenwoordiger van Green Flag Trails International (Frankryk) het dié roete ook die groen lig gegee.

‘n Groep van 13 gesoute stappers van die klub het die 7 km lange begeleide roete gestap en getoets.

Omdat dit ‘n begeleide staproete is waar die unieke geologie en besonderse natuurskoon langs die roete bewonder en verduidelik word, neem dit tussen 5,5 en 6 uur om te voltooi. Die roete verskil dus van gewone staproetes waar stappers sonder begeleiding teen hul eie pas stap.

Die groep stappers was reg om te begin stap op die Geo-Roete

Volgens beskikbare inligting is die begeleide georoete die eerste roete van sy soort in Afrika. Die Vredefortkoepel is juis deur UNESCO as Wêrelderfenisterrein verklaar vanweë sy wêreldberoemde geologiese formasies en besonderse natuurskoon.

Die geologiese geskiedenis van Suider-Afrika kan op die begeleide roete waargeneem word, wat dit besonder uniek maak.

Die roete is op Saterdagoggende vir volwassenes oop, terwyl skoolkinders dit gedurende die week slegs op voorafbespreking kan besoek.

Ná die stap het lede van die klub terugvoer oor die roete gegee en sekere aanbevelings gemaak om dit verder te verbeter. Daarna is daar heerlik om die braaivleisvure gekuier, met pap, potbrood en slaai op die spyskaart.

‘n Vrywillige donasie word van stappers gevra ten bate van die Wildlife Conservation Trust – Vredefort Dome, wat aktief in die gebied werk om die besonderse natuur te bewaar en in stand te hou sodat besoekers dit kan geniet.

Die Wêrelderfenisterrein is in privaat besit en is daarom nie vryelik vir die publiek toeganklik nie. Die georoete is dus ontwikkel om in hierdie besondere behoefte te voorsien.

Vir navrae en besprekings kan die volgende persone gekontak word:

• Gideon Ellis by 082 945 0623

• Christo Meyer by 083 406 0841

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button