SportSport

Baillies se boogskuts wen Noordwes goud

Lianka Coetzee en Hudson Hammill is twee van die uitblinkers op individuele vlak terwyl die Cubs-span twee goue medaljes behaal het.

Laerskool Baillie Park se boogskuts was op hulle stukke by die Noordwes Provinsiale Boogskietkampioenskappe wat 1 Augustus by Ferdies plaasgevind het.

Lianka Coetzee het ‘n briljante eerste plek in die Cubs-dogters vir 3D-skiet behaal. Sy volg dit op met ‘n tweede goud in die BE-afdeling. Nog ‘n Baillie, Anje-Rene Coetzee, is tweede in hierdie kategorie.

Hudson Hammill was ook ‘n groot uitblinker met ‘n goud in spanverband in die Cubs 3D- span en twee silwermedaljes in Cubs 3D en Cubs-BE vir seuns. Baillies se Gerhard Grobler verkry brons in die Cubs-BE afdeling net agter Hamill.

In die primêre seuns-afdeling behaal Benjamin Venter in die 3D-kategorie ook ‘n bronsmedalje met ‘n totaal van 274/300.

In spanverband wys Baillies se Cubs 3D en BE-spanne ook hul vernuf met twee goue mealjes. In 3D met ’n totaal van 1525/1800 het hul ’n uitstekende 1ste plek behaal.

Die spanlede in die 3D-sege was Hudson Hammill, Fedde-Paul Bisschoff, Janco Esterhuysen, Gerhard Grobler, Lianka Coetzee en Anje-Rene Coetzee.

In die Cubs BE-afdeling was Baillie sweer goue medalje-wenners. Die span het met ’n totaal van 2935/3600 die wen behaal.

Die span het bestaan uit Hudson Hammill, Lianka Coetzee, Gerhard Grobler, Janco Esterhuysen, Keandre van Zyl, Anroux van Antwerpen, Fedde-Paul Bisschoff, Luan Botes, Anje-Rene Coetzee, Dihjan Kotze, Klara Venter en Anje Vermaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button