Studente hardloop 12 ure vir ’n goeie doel
Studente hardloop vandag op die Joolplaas om 'n baan om fondse saam die SJGD in te samel.
NWU-koshuise neem tans deel aan ’n 12-uur-hardloopbyeenkoms by die NWU Joolplaas, waar die SJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) fondse vir CSE (Community and Stakeholder Engagement) insamel.
Dit is die laaste JOOL-byeenkoms voordat die 2025/26-termyn eindig en die nuwe Kampus Studenteraad (KSR) in bewind kom. Voorheen het studente fietsgery maar vanjaar is die eerste hardloopbyeenkoms vir hierdie doel.





Studente het reeds om 06:00 begin hardloop en sal teen 18:00 klaarmaak, net wanneer die son sak.
Marichia Venter, Fondswerwing- en JOOL-SR-voorsitter, is aan die stuur van hierdie byeenkoms, saam met haar bekwame span.
“Vandag word ’n platform geskep waar studente kilometers hardloop en daar dan met behulp van borge geld per kilometer ingesamel word. Die fondse word dan weer in die gemeenskap ingeploeg,” noem sy.
Twee deelnemers van elke sleepkoshuis moet op die baan wees, met studente wat onder mekaar kan ruil na ’n sekere hoeveelheid kilometers. Die koshuise se kilometers word bymekaar getel. Borge skenk dan geld per kilometer wat afgelê word.



