Local newsNewsNews
Happy Hearts tref die regte note by fondsinsamelings-konsert
Hierdie konsert wat by die UPC-kerkgebou in Promosa plaasgevind het, het almal se harte bly gemaak, veral die bejaardes wat blinkoog geluister het.
Die Happy Hearts Ouetehuis het ‘n spesiale konsert op 5 Augustus gehou met die doel om fondse in te samel en senior burgers bietjie uit te neem vir ontspanning. Hierdie konsert het by die UPC-kerkgebou in Promosa plaasgevind. Prof. Fazel Freeks (NWU: Teologie) het ook die konsert bygewoon en twee items gelewer, wat die senior burgers vreeslik geniet het.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



