Local newsNewsNews
Vergeet-My-Nie en Veritas as beste koshuise van die termyn aangewys
Hierdie toekennings getuig van sukses op verskeie vlakke vir hierdie twee staatmaker koshuise op die NWU Potchefstroomkampus.
In die 2025/26 termyn was Vergeet-My-Nie (VMN) Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis kop en skouers bo die res met fantastiese prestasies op verskeie gebiede.
Sodoende is VMN as die beste dameskoshuis en Veritas as beste manskoshuis vir 2025/26 op die NWU Potchefstroomkampus aangewys.
Beide is ook onlangs as Sêr-wenners aangewys
Daar was dubbele vreugde vir Veritas se primarius, Estiaan Vorster, wat as die prim van die jaar uit 29 koshuise (kampus en dorpskoshuise) aangewys is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



