Local newsNewsNews

PAWS Haven weer oop danksy gemeenskap se hulp

Tans het PAWS Haven donasies nodig om hul sekuriteitskoste te dek, asook petrol vir die kragopwekkers.

Danksy die gemeenskap se hart vir PAWS Haven is hierdie diereskuiling nou weer operasioneel, met kragopwekkers wat tans sake aan die gang hou, aangesien daar nog nie munisipale krag op die perseel is nie.

Die Herald het gister (Dinsdag, 25 Augustus) berig dat PAWS Haven se kragtoevoer afgeskakel is, nadat die munisipaliteit voorheen glo gedreig het om dit af te skakel.

Die Herald het navraag by PAWS Haven gedoen en teen 15:00 gistermiddag (Dinsdag, 25 Augustus) was die organisasie weer operasioneel danksy weldoeners se bydraes. Volgens een van PAWS Haven se direkteure, Simoné Kotze, het die gemeenskap baie gehelp.

“Ons het twee kragopwekkers. Een groot een wat ons kantoor se krag trek en ’n tweede een wat die yskaste aan die gang hou. Ons kan nou ten minste weer voortgaan. Dit is hoe ons gaan funksioneer tot verdere kennisgewing,” het sy gesê.

Tans het PAWS Haven donasies nodig om hul sekuriteitskoste te dek, asook petrol vir die kragopwekkers.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button