Nuuskierigheid en nederigheid neem NWU-professor na groot hoogtes
Vir Prof. Martinette Kruger behoort akademiese sukses nie net gemeet te word aan toekennings en gepubliseerde artikels nie, maar ook aan die mense waarin jy belĂȘ, verhoudings wat gebou word en verskil wat gemaak word.
Vir een van die Noordwes-Universiteit se top navorsers, Prof. Martinette Kruger, is navorsing ân langtermynreis.
Op hierdie reis is sy onlangs met die C2 navorsingstoekenning by die NRF vir haar uitnemende werk op toerismegebied vereer. Martinette is ân voltydse navorser by die NWU se Tourism Research in Economics, Environs and Society (TREES)-navorsingseenheid.
Met hierdie C2 navorsingstoekenning verkry Martinette erkenning vir haar werk op nasionale en internasionale vlak waar die impak daarvan dan ook oor ân tydperk gemeet is. Haar navorsing oor die voordele van Rooibos is een van haar meer unieke en indrukwekkende navorsingstudies.
âDit beteken vir my baie, juis omdat ân navorsingsloopbaan nie oornag gebou word nie. Dit is die resultaat van jare se navorsing, publikasies, samewerking met kollegas en die toerismebedryf, die begeleiding van nagraadse studente en natuurlik baie harde werk agter die skerms. Ek is baie dankbaar en trots daarop, maar terselfdertyd laat dit my besef hoeveel mense oor die jare deel van hierdie reis was. Navorsing is selde iets wat ân mens werklik alleen doen,â vertel Martinette.
Hierdie toekenning motiveer haar ook om aan te hou groei, nuwe navorsingsvrae te ondersoek en steeds ân betekenisvolle bydrae tot haar vakgebied te lewer.
Navorsing is deel van haar DNS
Martinette, wat van Wolmaransstad afkomstig is en by HoĂ«rskool Wolmaranstad gematrikuleer het, is al sedert 2015 ân professor aan die NWU. Dit het haar net 11 jaar na matriek geneem om die gesogte titel van prof te kry.
âEk was reeds tydens my honneursjaar ân assistent, en dit het my vir die eerste keer ân kykie gegee in hoe ân akademiese departement funksioneer. Daarna is ek in 2010 as navorsingspesialis aangestel, in 2011 as senior lektor en navorser, in 2013 as medeprofessor en uiteindelik in 2015 as professor,â verduidelik sy.
âOns navorsing (by TREES) fokus sterk daarop om nie net akademiese kennis te skep nie, maar ook navorsing te doen wat praktiese waarde vir die toerismebedryf, bestemmings en gemeenskappe kan hĂȘ.â
Joernalistieke drome word vir toerismegeleenthede verruil
Hierdie professor het eintlik gedink dat sy ân joernalis sou word en het kommunikasie vanaf 2005-2008 aan die NWU studeer.
âNavorsing en toerisme het geleidelik oor my pad gekom, en hoe meer blootstelling ek daaraan gekry het, hoe meer het ek besef dat dit vir my ân manier is om my belangstelling in mense, stories en vrae te kombineer. Ek is steeds baie nuuskierig oor mense – waarom hulle sekere besluite neem, waarom hulle reis, wat hulle ervarings beĂŻnvloed en hoe ons daardie kennis kan gebruik om die toerismebedryf beter te maak.â
Toerisme was aanvanklik net een van haar keusevakke, maar iets daarvan het haar nuuskierig gemaak. Sy het die voorgraadse toere wat deur die studentevereniging gereël is, baie geniet en het mettertyd besef dat daar baie meer agter toerisme steek as bloot reis en vakansie hou.
âEk het uiteindelik besluit om my honneursgraad eerder in Toerismebestuur te doen en dit was waarskynlik een van die beste besluite wat ek kon neem. In my honneursjaar is ons aan werklike navorsingsprojekte blootgestel â onder andere opnames by nasionale kunstefeeste en nasionale parke â en ons moes ook ân skripsie voltooi. Dit was daar waar alles vir my begin bymekaarkom het,â dink sy terug.
Dit het alles met ân koppie Rooibostee begin
Martinette vertel dat sy Rooibostee gedrink het toe sy op ân nuusberig toevallig afkom wat na haar studies oor die impak van Rooibos sou lei.
âEk het toevallig op daardie stadium ân nuusberig gelees oor rooibos wat Protected Designation of Origin-status in die Europese Unie ontvang het. Dit beteken dat rooibos baie sterk aan sy geografiese oorsprong gekoppel is â dit is nie net ân produk nie, maar ân produk met ân baie spesifieke plek, mense en storie daaragter.â
Vir Martinette is die rooibosprojek besonder interessant omdat dit soveel van die dinge waaroor sy reeds navorsing doen, bymekaarbring: toerisme, volhoubaarheid, gemeenskappe, bestemmingbemarking en die ontwikkeling van unieke besoekerservarings.
âRooibos is boonop besonders omdat dit werklik aan ân plek behoort. Dit kan net in ân relatief klein deel van Suid-Afrika verbou word. Ons het dus nie net ân produk wat wĂȘreldwyd bekend is nie; ons het ân unieke storie oor die Cederberg, sy mense, landskap, kultuur en erfenis.â
Prof. Martinette-hul se samewerking met Curtin University in AustraliĂ« het juis begin kyk na hoe rooibos vir die Cederberg kan doen wat wyn vir die Kaapse Wynlande gedoen het â dat mense nie net die produk koop nie, maar ook wil reis om die plek en die storie agter die produk te ervaar.
En nou is daar natuurlik die ongelooflike nuwe dimensie dat rooibossade in Oktober 2026 na die Internasionale Ruimtestasie gestuur gaan word.
âVir my as toerismenavorser is die interessante vraag: Hoe gebruik ons sĂł ân wĂȘreldwye storie om mense nie net bewus te maak van rooibos nie, maar ook nuuskierig te maak oor waar dit vandaan kom?â

Die vreugde om terug te kan gee
Mrtinette is baie passievol daaroor om jong navorsers geleenthede te gee om hul werk te publiseer, internasionaal blootstelling te kry en hulle eie loopbane te bou.
âDit bly vir my een van die grootste belonings van ân akademiese loopbaan. Om met studente te werk en te sien hoe iemand van ân onseker honneurs- of meestersstudent ontwikkel tot ân selfstandige navorser, is ongelooflik bevredigend.â
Natuurlik is een van Martinette se stokperdjies om te reis en dan ook om blokkiesraaisels in te vul â dit is nog ân lekeer probleemoplossingsaktiwiteit.
âAkademie kan maklik ân werk word wat nooit werklik âklaarâ is nie â daar is altyd nog ân artikel, student, projek of sperdatum. Om tyd te maak vir die dinge wat jy geniet, help om daardie balans te behou.â
Wees nuuskierig en bly nederig
Volgens haar is nuuskierigheid ân belangrike aspek van die akademie en gaan sukses nie net oor punte nie. Geduld is ook belangrik.
âân Akademiese loopbaan word oor baie jare opgebou. Daar gaan artikels wees wat afgekeur word, navorsingsaansoeke wat onsuksesvol is en projekte wat nie verloop soos jy gehoop het nie. Jy moet bereid wees om uit terugvoer te leer, aan te pas en weer te probeer.â
Sy noem dat ân mens ook baie baat by ân goeie mentor kan vind.
âOns almal het mense nodig wat potensiaal in ons raaksien â soms voordat ons dit self raaksien â en wat bereid is om tyd en kennis te belĂȘ om daardie potensiaal te ontwikkel.â
Dit is juis verhoudings wat tot die kern van sukses en vreugde lĂȘ.
âEk glo daarom ook sterk aan samewerking en goeie verhoudings. Van die beste geleenthede in my loopbaan het ontstaan uit verhoudings wat oor baie jare met kollegas, studente en mense in die toerismebedryf opgebou is. Akademiese sukses behoort nie net gemeet te word aan hoeveel artikels jy publiseer, hoeveel toekennings jy ontvang of watter titel voor jou naam staan nie. Dit gaan ook oor die mense in wie jy belĂȘ, die geleenthede wat jy vir ander help skep en die verskil wat jou werk buite die universiteit maak.â



