Local newsNewsNews

Ouma en die Ou Koeie gaan gehore laat huil van die lag by Aardklop

Ouma en die Ou Koeie is vanjaar op die planke by Aardklop. Ouma gespeel deur Meyer-Rödenbeck gaan gehore met haar pittige lewensuitkyk laat skater en laat dink.

Wat beteken dit om oud te word, en wanneer is jou geheue beslis ’n aanduiding van die volle waarheid, ’n halwe waarheid of ’n wolhaarstorie?

Dit is die vrae wat die bekroonde aktrise Margit Meyer-Rödenbeck op komiese wyse met Ouma en die Ou Koeie by Aardklop vanjaar gaan uitbeeld.

Hierdie komedie-kabaret kyk na hoekom mense soms, gerieflikheidshalwe, sekere goed begin vergeet namate hulle ouer word. Soms kry herinneringe ook ’n paar “versierinkies” by.

Die een oomblik sal gehore skaterlag en die volgende oomblik dalk saggies na hul asem snak oor die herkenbaarheid daarvan.

Margit Meyer-Rödenbeck gaan weer gehore by Aardklop laat lag met “Ouma en die Ou Koeie.” Foto’s: Hans van der Veen en Rina Coetzee.

Kortweg, Ouma het vergeet om doekies om te draai.

Daar skort nog niks met Ouma se geheue nie – en sy onthou nie net haar eie stories nie, maar ook dié van die “vromes” onder ons, wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los.

Ouma en die Ou Koeie duur 75 minute. Jurgen Human het die teks geskryf, die musiek gekomponeer en die produksie geregisseer. Coenraad Rall is op klavier en is verantwoordelik vir die verwerking.

Die produksie is op 2 Oktober om 09:30 en 3 Oktober om 19:30 by Gimmies te sien as deel van Momentum Aardklop.

Kaartjies is beskikbaar by Seatme.

WEN KAARTJIES!

Vyf gelukkige lesers kan kaartjies na Ouma en die Ou Koeie wen.

Beantwoord die volgende vraag deur ’n e-pos aan wouter@mooivaal.co.za te stuur:

“Wie het die teks van Ouma en die Ou Koeie geskryf?”

Die eerste vyf korrekte antwoorde wat per e-pos ontvang word, wen kaartjies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button