Local newsNewsNews

Verpleegster met die sagte hart sterf aan kanker

Chantall Keet, wat in Potch gebore is en in 2007 aan Volkies gematrikuleer het, het haar alles vir mense gegee.

Daar is ’n groot leemte in die harte van talle Potchefstromers met die afsterwe van Chantall Keet (née Brand) aan kanker op die ouderdom van 37.

Chantall was ’n suster by die ongevalle-afdeling wat baie vir ander omgegee het. Haar man, JD, beskryf haar as “’n reguit, maar baie sagte persoon wat liefdevol was”.

“Sy het altyd, maak nie saak hoe siek sy was nie, eerste na almal gekyk en dan na haarself. Sy het almal beter mense gemaak,” vertel hy.

Chantall, wat in Potch gebore is en in 2007 aan Volkies gematrikuleer het, was lief vir diere en lief vir mense. Sy het ’n sterk persoonlikheid gehad en geweet wat sy wil hê.

“Sy was ook baie lief vir sing en musiek en het in verskeie musiekblyspele opgetree.”

Chantall Keet en haar man JD.

Chantall het verskeie merkwaardige mylpale bereik, waarvan die hoogtepunte insluit dat sy as die beste student aangewys is tydens ’n versorgingskursus by die Ukwasi Skool vir Verpleging in 2013, haar Baccalaureus Curationis-verpleegkunde-graad aan die Noordwes-Universiteit voltooi het, waar sy in 2016 onder die akademiese top tien was, sowel as die verwerwing van ’n Gevorderde Universiteitsdiploma in Gesondheidsdiensbestuur aan dieselfde universiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button