Local newsNewsNews

Veediefstal verdagtes word borg geweier

Die Zimbabweërs word aangekla nadat hul na vermoede 'n plaaslike beesboer, Ro'an van Tonder, se koei gesteel en geslag het.

Twee verdagtes in die veediefstalsaak, Solomon Ngwenya (30) en Tafadza Magura (26), het Donderdag, 12 November, in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn, waar hul borgtog geweier is.

‘n Derde verdagte, Talent Swedt (37) is op borgtog vrygelaat.

Die twee verdagtes, wat van Zimbabwiese afkoms is, word vir veediefstal aangekla nadat hulle op 12 Oktober in hegtenis geneem is. Daar word beweer dat hulle ’n koei van Ro’an van Tonder, ’n beesboer op ’n plaas langs die Schoemansdriftpad, gesteel en geslag het.

Die Herald het voorheen berig hoe die Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid, Taktiese Reaksiespan en Blitspatrollie spoedig opgetree het om die verdagtes vas te trek.

Die beesvleis wat by die verdagtes gevind is.

Die verdagtes het al verskeie kere in die hof verskyn en voorheen om borgtog aansoek gedoen. Die staat moes die borgaansoek vroeër uitstel om die verdagtes se adresse te verifieer.

Volgens Lindiwe Mabasa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, sal die verdagtes weer op Dinsdag, 24 November in die hof vir ’n beslissing verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button