BikesCommunityLocal newsTravel

Nuutgeverfde padtekens maak Potch-bestuurders deurmekaar

Bestuurders is bang die padtekens veroorsaak 'n ernstige ongeluk.

Nuutgeverfde padtekens op die hoek van Rocherstraat en die N12, maak motoriste deurmekaar.

Met die oorverf van die padtekens, is die tekens verander en dus is mense onseker hoe hulle moet ry. Dit veroorsaak dat verkeer nie in die oggende oor die N12 kan kom nie.

Potchefstroom First responders het mense op hulle Facebook-blad gewaarsku om na die nuwe padtekens op te let.

“Neem asseblief kennis dat die padtekens by die verkeersligte by N12 / MC Roode/ Rocherstraat verander het en oorgeverf is.  Gereelde padgebruikers wat hierdie kruising gebruik, moet asseblief aandag gee aan die nuwe padmerke.”

Anné van Onselen, DA-raadslid, sê daar is ‘n rede vir die verandering.

“Dankie vir almal wat oplettend is en my gekontak het. Vele Bailliepark-inwoners het Saterdag terwyl die tegniese span nog besig was om te verf, gekla oor die nuwe padtekens. Alhoewel dit definitief beter verkeersvloei verseker as die linkerbaan links én reguit kan gaan en die regterbaan slegs regs draai, is ek meegedeel dat die pad nie in lyn is met die oorkant by MC Roode, om die linkerbaan te laat reguit oorry nie.  Dit was ‘n storie om die span gereël te kry om te gaan verf, maar ek sal probeer om dit verander te kry. Ek besef die risiko daaraan soos dit tans geverf is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button