CommunityLocal newsRegional News
Chaos en kinders betrokke by gewelddadige aksies
Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is sommige kinders gesien waar hulle versperrings in die pad geplaas het en voertuie met klippe bestook het.
Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is sommige kinders gesien waar hulle versperrings in die pad geplaas het en voertuie met klippe bestook het. Volgens getuies, in Promosa is kinders gebruik om winkels te plunder, goedere te steel en die omgewing te verwoes.
Glenville Fransman, ‘n lid van die gemeenskap, het sy teleurstelling uitgespreek. Volgens hom is dit skokkend om te sien hoe kinders betrokke was by die plundering van winkels. “Die betrokkenheid van kinders in hierdie geweldadige aksies wys net dat jong mense regtig swaar kry,” het Fransman opgemerk. Hy het bygevoeg dat die situasie die erns van die probleem beklemtoon, met baie ouers wat hartseer was oor die toestande. Volgens Fransman het baie ouers gesê dat die skole nie gesluit moes wees nie, wat die situasie verder vererger het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



