Local newsNews

VIDEO: Twee ongelukke ruk Potchefstroom oor naweek

Nooddienste, insluitend ER24 en verskeie insleepdienste, was vinnig op die toneel om hulp te verleen en die situasie te bestuur.

Potchefstroom is die afgelope naweek deur twee afsonderlike motorongelukke geskud, met nooddienste wat vinnig moes reageer om tonele te stabiliseer en pasiënte by te staan.

Die eerste voorval het vroegoggend op Sondag, 17 Mei omstreeks 05:46 in Albert Luthulirylaan plaasgevind. Volgens inligting het ’n grys Toyota-bakkie beheer verloor terwyl dit vanaf die brug se rigting genader het. Die voertuig het daarna deur die muur van Hike & Takeaways gebars en aansienlike skade veroorsaak.

Nooddienste, insluitend ER24 en verskeie insleepdienste, was vinnig op die toneel om hulp te verleen en die situasie te bestuur.

Die ongeluk in Albert Luthulirylaan

In ’n tweede, afsonderlike voorval het ’n botsing tussen twee voertuie Saterdagaand, 16 Mei by die kruising van Strydom- en Paryslaan plaasgevind. Besonderhede oor die oorsaak van dié ongeluk bly beperk, maar nooddienste het onmiddellik opgetree om seker te maak dat alle beseerdes die nodige mediese behandeling ontvang.

Die ongeluk in Paryslaan

Rolspelers wat by beide tonele betrokke was, sluit in Mooirivier Beskerming se nooddiens, NWU TU01 Response, ER24, Potchefstroom Brandweer, SAPD, asook insleepdienste wat bystand gebied het.

Hul vinnige optrede en samewerking het verseker dat die situasies doeltreffend hanteer is en dat pasiënte die beste moontlike sorg ontvang het.

Kyk na die videos hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button