SportSport

Luiperds soek bonuspunte

Die Luiperds draf Saterdag om 14:30 op Olënpark uit teen Boland in hulle laaste tuiswedstryd in die kwalifiserende reeks en soek dringend bonuspunte. Die volgende tuiswedstryd sal of in die Premierliga of in die Eersteliga wees. Om dit ‘n Curriebeker Premierliga wedstryd te maak, en wel teen WP, sal die Luiperds hulle pragvertoning van verlede …

Die Luiperds draf Saterdag om 14:30 op Olënpark uit teen Boland in hulle laaste tuiswedstryd in die kwalifiserende reeks en soek dringend bonuspunte.

Die volgende tuiswedstryd sal of in die Premierliga of in die Eersteliga wees. Om dit ‘n Curriebeker Premierliga wedstryd te maak, en wel teen WP, sal die Luiperds hulle pragvertoning van verlede week moet voortsit toe hulle onder moeilike omstandighede ‘n bonuspunt wegoorwinning (24-20) oor die Griffons behaal het.

Boland en Grens moet ook planke toe gestuur word en bonuspunte moet ingesamel word. Die probleem bly egter dat Griekwas daardie een enkele ligapunt meer as die Luiperds het en die Luiperds se laaste hoop is dat die Valke die Griekwas Saterdag in Kemptonpark moet stuit. Met die Valke se onvoorspelbaarheid is dit dalk net ‘n sterk moontlikheid.

Twee nuwe Luiperds maak hulle debuut op Olënpark en verskeie posisionele veranderinge is aan die span vir Saterdag aangebring. Die nuwelinge is die vleuel Tyler Fisher en die losskakel Ashlon Davids.

Die gereelde losskakel, Meel Engelbrecht, skuif na binnesenter. Die lostrio verander ook van posisies: Marno Redelinghuys speel agtsteman en die kaptein, Juan Language, sak aan die kant van die skrum.

Cage van der Westhuizen vervang vir Wian Fourie op haker en Stoof Bezuidenhout maak, na my mening, ‘n welkome terugkeer op die plaasvervangerbank.

Die Luiperds juniorspanne skop hul seisoen teen die OP af en sal in die voorwedstryde op Olënpark in aksie wees. Dié wedstryde begin om 11:00 (o.19) en 12:45 (o.21).
Die volledige span is: Rhyno Smith; Damian Engledoe, Tyler Fisher, Meel Engelbrecht, Adriaan Vermeulen; Ashlon Davids, Dillon Smit; Marno Redelinhuys, Loftus Morrison, Juan Language (k), Stairs Mhlongo, Robert Kruger, John-Roy Jenkinson, Cage Van der Westhuizen, Joe Smith. Plaasvervangers: Wian Fourie, Stoof Bezuidenhout, Molotsi Bouwer, Jaco Jordaan, Hanco Venter, Sizo Maseko en Rowayne Beukman.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button