SportSport

Volkies sit vir Gimmies ore aan op die krieketveld

Volkskool het Dinsdagmiddag behoorlik klaargespeel met Gimnasium op die krieketveld en beide wedstryde oortuigend gewen. Die eerstespan het met vier paaltjies en ‘n bonuspunt gewen om nommer een in die sirkel te wees. Volkies se o.15-span het Gimnasium met ‘n reuse 229 lopies verpletter. Saterdag se reën het veroorsaak dat die wedstryde Dinsdag gespeel moes …

Volkskool het Dinsdagmiddag behoorlik klaargespeel met Gimnasium op die krieketveld en beide wedstryde oortuigend gewen. Die eerstespan het met vier paaltjies en ‘n bonuspunt gewen om nommer een in die sirkel te wees. Volkies se o.15-span het Gimnasium met ‘n reuse 229 lopies verpletter.

Saterdag se reën het veroorsaak dat die wedstryde Dinsdag gespeel moes word en dat Volkskool sodoende die eerstespan tuisveldvoordeel ingeboet het.Gimnasium se eerstespan het eerste gekolf en danksy ‘n briljante 126 deur Lourén Steenkamp, wat 11 viere en 4 sesse ingesluit het, 231/9 in hulle 45 boulbeurte aangeteken.

Steenkamp is goed bygestaan deur Jaco Schoeman wat sy vyftigtal met een lopie misgeloop het. Jacques Bouwer was Volkskool se voorste bouler en het 5/30 in sy 9 boulbeurte geneem.Volkskool se teiken was 232 en hulle moes dit in 35 boulbeurte aanteken om ‘n bonuspunt te verdien, iets wat hulle reggekry het toe Herman Prinsloo die wenlopies met ‘n grenshou in die 35e boulbeurt geslaan het (233/6).

Volkskool se kaptein, Jandré Dreyer, het die voorbeeld gestel en die jaagtog met 63 lopies (10×4, 1×6) ingesit. Ruan von Abo se bydrae was 56 en Vincent Viljoen 43. Louis van Schalkwyk het die skip op koers gehou met 35.Gimnasium se boulers wat plek-plek daarin geslaag het om die Volkskoolkolwers aan bande te lê, was SW Roussouw (2/70), Ruan Haasbroek (2/59) en Vernon Charslund (2/51).

*Die o.15-wedstryd was eenrigting verkeer: Volkskool stapel 333 lopies op voor die laaste paaltjie val. Dit was beslis die wedstryd van Jannie Claassens. Hy teken 84 lopies aan en neem 4 paaltjies.

Awie Visser moker 50. Duan Jansen het moedig probeer met die bal vir Gimmies en hy neem 3/26. Gimmies was danksy Claassens se boulwerk almal terug in die pawiljoen vir net 104 lopies. Marko Jansen het 42 bygedra en die enigste ander dubbelsyfer was dié van Set Froneman met 13. Volkskool wen met 229 lopies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button