SportSport

Noordwes Drake nog in goeie posisie

Noordwes is stewig op pad na die eindstryd van die Sunfoil Driedag-reeks na ‘n wen onbesliste uitslag verlede week teen die Westelike Provinsie. In verlede week se wedstryd op Senwespark in Potchefstroom was die blad hondmak en reuse tellings is aangeteken. Noordwes het die loot gewen en eerste gekolf. Hul het hul beurt gesluit verklaar …

Noordwes is stewig op pad na die eindstryd van die Sunfoil Driedag-reeks na ‘n wen onbesliste uitslag verlede week teen die Westelike Provinsie.

In verlede week se wedstryd op Senwespark in Potchefstroom was die blad hondmak en reuse tellings is aangeteken.

Noordwes het die loot gewen en eerste gekolf. Hul het hul beurt gesluit verklaar op 538/8 met Bjorn Fortuin wat sy dubbelhonderdtal net-net misgeloop het met 194. Franco Lubbe het 106 bygedra en André Malan se bydrae was 64.

Die WP is daarna almal uitgeboul vir 520. Johannes Diseko het 3/66 en Wihan Lubbe 2/90 geneem.

Toe spel gestaak is, was Noordwes op 36 sonder verlies en het die wedstryd onbeslis geëindig met Noordwes wat die meeste punte uit die wedstryd gekry het om in die voortou in Poel A te bly op 84.7 punte. Noordelikes is nou meer as 10 punte agter en het 73.5, met KZN op 72.12.

Welkome reën het Sondag uitgesak en die Eendag-wedstryd het gelykop op die Duckworth/Lewis tabelle geëindig.

Die tuisspan is almal uitgeboul vir 191 na 40.3 boulbeurte. Toe die reën na 47.4 boulbeurte uitsak was WP op 179/8.

Noordwes loop voor in die reeks.

Noordwes se span geniet nou ‘n blaaskans tot in Februarie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button