SportSport

23 rekords spat by Gimmies-Interhuis

Grawe, Pikke en Ankers het op Maandag 18 Januarie op die Puk McArthur-stadion gespring, gehardloop en gestoot tydens Potchefstroom Gimnasium se Atletiek Interhuis. Aan die einde van die dag het die Grawe die byeenkoms naelskraap gewen met 864 punte. Die Pikke was 2de met 863 punte en die Ankers met 637 punte, moes met die …

Grawe, Pikke en Ankers het op Maandag 18 Januarie op die Puk McArthur-stadion gespring, gehardloop en gestoot tydens Potchefstroom Gimnasium se Atletiek Interhuis.

Aan die einde van die dag het die Grawe die byeenkoms naelskraap gewen met 864 punte.

Die Pikke was 2de met 863 punte en die Ankers met 637 punte, moes met die 3de plek tevrede wees. Die Grawe het ook die Geesbeker gewen.

Die Victor en Victrix Ludorum-toekennings is aan die volgende atlete toegemaak: Marizelle Coetzee (Junior Dogter), Almero Niemann (Junior Seun), Leonie Maree (Senior Dogter) en Michael Pretorius (Senior Seun). Drie prestasies van meer as 1 000 ABSA punte is behaal, naamlik: Almero Niemann (1106 vir Diskus Seuns o.14 – 46.40m); Waldo Smit (1022 vir Spiesgooi Seuns o.17 – 69.38m) en Jonette Labuschagne (1016 vir Spiesgooi Dogters o.16 – 43.6m).

Daar was vier prestasies van meer as 900 ABSA punte en dertien prestasies van meer as 850 ABSA punte. 23 rekords het in die slag gebly, waarvan die oudste rekord deur Donevan du Toit in die seuns o.16 verspring verbeter is na 6.63m.

Die ou rekord van 6.41m is deur E. van der Bank in 1979 opgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button