SportSport

Ritmiese gimnas bewys haar talent

Die jong plaaslike ritmiese gimnas, Marlize Venter, het haar talent verlede jaar  ten volle bewys met ’n paar uitmuntende vertonings op nasionale vlak. Om te begin het Marlize by die Noordwes Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in September verlede jaar vir al vier haar danse goud ontvang en ook die algehele goue medalje verwerf. Hierdie goeie prestasies het …

Die jong plaaslike ritmiese gimnas, Marlize Venter, het haar talent verlede jaar  ten volle bewys met ’n paar uitmuntende vertonings op nasionale vlak.

Om te begin het Marlize by die Noordwes Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in September verlede jaar vir al vier haar danse goud ontvang en ook die algehele goue medalje verwerf. Hierdie goeie prestasies het sy later by die 2015 SA Gym Games, wat vanaf 6 tot 10 Oktober by Wits in Johannesburg gehou is, ook gehandhaaf toe sy een goue- en drie silwermedaljes vir haar dansroetines verwerf het.

Marlize is beslis ’n talent om hierdie jaar dop te hou.

marlize2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button