Atletiek vuurwarm in Potchefstroom
Op 26 Januarie het Atletiek Sentraal Noordwes hulle tweede ligabyeenkoms by die Puk McArthur-stadion aangebied. Daar was weer eens ’n klomp goeie prestasies en die atlete lyk in goeie vorm, veral met die internasionale kompetisie wat ook deelgeneem het. NWU se Sarel Prinsloo was in goeie vorm gewees en het in die senior mansafdeling met …

Op 26 Januarie het Atletiek Sentraal Noordwes hulle tweede ligabyeenkoms by die Puk McArthur-stadion aangebied.
Daar was weer eens ’n klomp goeie prestasies en die atlete lyk in goeie vorm, veral met die internasionale kompetisie wat ook deelgeneem het.
NWU se Sarel Prinsloo was in goeie vorm gewees en het in die senior mansafdeling met ‘n 2.05 meter sprong gewen.
Paul Bolosha het in die junior mans 400 meter wedloop eerste gekom en die Ikalafeng Klub se naam hoog gehou.
Moukrine Tarik van Marokko het in die mans 800 meter ook gedomineer met ’n tyd van 1.50:33.
Joel Mnome van Nedbank het ook sy langasem bewys met ‘n eerste plek in die senior mans 1500 en 3000 meter wedlope.
Henri Varynen van Finland was eerste in die mans senior verspring-item met ‘n 8.07 meter sprong.
Kristen Kruger van die NWU het dieselfde gedoen en die vrouetitel met ‘n 5.65 meter sprong verower.
Koketsa Mogapi (NWU) was blitsig in die senior mans 100 meter met ‘n tyd van 10.63.
Die NWU se Olivia Jordaan het die dames 100 meter wedloop in ’n tyd van 12.29 gewen en die Italianer Roberta del Gatio geklop.
Hier is die volledige uitslae van die byeenkoms:



