SportSport

Swemmers kook in Kimberley

Swemmers van Potchefstroom Swemklub wat opgeneem is in die Noordwes-Suid span het onlangs uitstekend presteer tydens ‘n Inter-Provinsiale Gala in Kimberley. Ander spanne was van Noordwes-Noord, Noord-Kaap en Fezile Dabi Aquatics. Die volgende swemmers is in die Noordwes-Suid span opgeneem: Raynald Boucher; Eliz-Maric Cronje; Theo Ferreira; Keila Kock; Hanré Moolman; Marchelle Moolman; Bianca Opperman; Chazél …

Swemmers van Potchefstroom Swemklub wat opgeneem is in die Noordwes-Suid span het onlangs uitstekend presteer tydens ‘n Inter-Provinsiale Gala in Kimberley. Ander spanne was van Noordwes-Noord, Noord-Kaap en Fezile Dabi Aquatics.

Die volgende swemmers is in die Noordwes-Suid span opgeneem: Raynald Boucher; Eliz-Maric Cronje; Theo Ferreira; Keila Kock; Hanré Moolman; Marchelle Moolman; Bianca Opperman; Chazél Orton; Berto Scholtz; Ilze Nolte; Rudy van Graan; en Tumé van Niekerk. Dié span het in totaal 11 goud, 9 silwer en 5 bronsmedaljes vir die Noordwes-Suid span ingepalm.

Eliz-Maric Cronje (17) en Idelé du Toit (13) het rekords verbeter tydens die gala. Eliz-Maric het die 50 meter rugslagrekord verbeter en Idelé die 200 meter wisselslag rekord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button